Monday, May 28, 2012

Ope Brief van 'n Kanker-Ma


Van een Onko-mamma aan ‘n ander…

Al ooit gevoel asof al jou mamma-magte verloor as jy by ‘n hospitaal se deure in stap?

Al ooit daai woede ervaar as hulel jou kind met naalde steek en aan pype koppel en gif inspuit en daar is nie iets daaromtrent dit wat jy kan doen nie?

Al ooit die gevoel van ontrouheid gekry as jy jou kindertjie in die oë kyk en jy weet jy’t gejok…dit gaan seer wees?

Al ooit die gevoel van onmenslike pyn ervaar as jy hoor van ‘n ander onko-paar wat se kleinding die stryd verloor het en jy wonder wanneer is dit jou beurt?

Al ooit die gevoel van sprakeloosheid ervaar as jou kind na jou toe kom en vra wanneer Liewe Jesus haar kom haal?

Al ooit gevoel die aarde probeer jou insluk en jy kan nie uitkom as daai teater deure agter jou toeslaan nie?

Al ooit gevoel jy kan iemand met jou kaal hande vermoor as hulle stupid aanmerkings maak oor jou kind?

Al ooit gevoel dat jy wil weghardloop en ‘n hoekie gaan sit en net van alles vergeet al is dit net vir ‘n rukkie?


Wanneer weet mens hoeveel keer is genoeg slegte nuus ontvang? Almal wil altyd weet hoe dit gaan en of jy nog sterk genoeg is. Dit is asof hulle wag dat jy enige oomblik ineen gaan stort en almal raak verboureerd as mamma die dag onbedaarlik huil… en dan staan hulle mos reg met ‘n sielkundige se nommer… I mean freaking HELL!

Wel my experience:

My lewe het in duie gestort die dag toe ek uitvind my kind het kanker. Elke keer wat jy slegte nuus hoor breek daar nog ‘n stukkie van jou hart af en dit is asof jy naderhand nie meer trane het nie maar hierdie onbedaarlike woede en hardheid en ongelukkig kry die persoon die aanval wat eerste bel. Iemand kyk net skeef na jou kind se kaal koppie en jy wil mal word en hom aanrand. Maar dan kry jy mos natuurlik mense wat jou blatant uitskel oor die feit dat jy jou klein meisietjie se hare so kort afskeer, sy lyk dan soos ‘n seuntjie.  So vergewe my as ek nie altyd my moods kan beheer nie maar dit is partykeer flippen onmoontlik.

Jy wil nie altyd hoor dat jy moet sterk wees nie en jy moet bly glo nie, dit is vrek moeilik as jy konstante slegte nuus ontvang en wat die kersie op die koek sit is as jy vertel word deur die medici dat hulle niks verder vir jou kind kan doen nie, nou moet julle net wag en normaal aangaan! Hoe die hel gaan ‘n mens normaal aan?

So aan elke kanker mamma daar buite:

  • Jy mag kwaad word
  • Jy mag skel
  • Jy mag moeg word
  • Jy mag siek word
  • Jy MAG huil!

Ons is ook net mens, ons het nie super magte nie, sterk wees is ons enigste opsie, ons gaan huil en kwaad word, ons gaan moeg en siek word, so hou op om ons met valk oë dop te hou en te wag vir wanneer ons gaan val. Vir ons is daar net 1 ding om op te fokus en dit is GOEIE NUUS oor jou kind.  Jy leef elke dag net vir daai ekstra stukkie hoop dat vandag ‘n pynlose/medisyne-vrye dag gaan wees.

Theresa Nieuwenhuis

No comments:

Post a Comment